041 364 2608

 

 
 
 

HUGG

HUGG (How's Ur Growing Going?)

Agtergrond:

Die mannegroep is gestig om mekaar te ondersteun en te bemoedig. Om in nederigheid, opregtheid en in gebed deur die leiding van die Woord en die Heilige Gees 'n intieme verhouding met God te hê.

 

Dit is ons begeerte om die lig van die wêreld te wees en vir Hom helder te skyn in alles wat ons doen.

 

Visie:

Om  mans te bemoedig om God geinspireerde lewens te lei en om aktiewe getuies vir Hom te wees.

 

Missie:

  1. Om in nederigheid en deur die leiding van die Heilige Gees mekaar te onderrig in die Woord
  2. Om mekaar se laste te dra deur gebed
  3. Om mekaar in alle omstandighede te ondersteun en te bemoedig om God se wil te soek
  4. Om  gehoorsaam te wees aan God en Sy roeping op ons lewens
  5. Om na ander uit te reik en aan te raak deur die leiding van die Heilige Gees.


Missie Verklaring:

Om Jesus  Christus in en deur ons gawes met oorgawe te dien en sodoende ons roeping as manne ons plek sal inneem tot eer aan Hom

 

Teks Verse:

2 Petrus 3:14, 18

14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. 18 Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.

 

Jakobus 4:8

Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

 

1 Timoteus 2:8

Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis.

 

Efesiers 5:25- 28

"Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het ... Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,"

 

 

Adres:

18 7de laan, Newton Park

Port Elizabeth, 6052


Kontak ons by:

Tel: (041) 364-2608

Epos:  baptis@outlook.com


Dienstye:

Sondagoggend 09:30 - 10:30

Sondagskool 08:45 - 09:30

Sondagaand 18:30 - 19:30

Biduur (Sondae) 17:45 - 18:30

Bybelstudie (Woensdae)  19:00 - 20:30

Mannegroep (Saterdae)   07:30 - 08:30

Afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...