041 364 2608

 

afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth-2
afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth-2

GELOOFSVERKLARING:

Die gemeente glo in:

  1.  Die absolute gesag en historiese feit van die Bybel wat deur Goddelik geinspireerde manne onder die inspirasie en leiding van die Heilige Gees geskrywe is. Die Bybel vorm die grondslag van die beginsels van geloof en gedrag van hierdie gemeente.
  2. Die reg tot private en individuele uitlegging van die Skrif en die bekwaamheid van die individuele siel om persoonlik tot God te nader (dit is die Priesterskap van alle gelowiges).
  3. Een vrymagtige God wat ewig bestaan in drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees.
  4. Die vrywillge offerdood van die Here Jesus Christus, as plaasvervanger, vir die sondige mens, sodat almal wat in Hom glo geregverdig word deur Sy kruisdood en bloed.
  5. Die liggaamlike opstanding van die Here Jesus, Sy hemelvaart, en Sy teenswoordige lewe as ons Hoëpriester wat vir ons by God intree.
  6. Die feit dat die Here Jesus twee ordonnansies daar gestel het: die Doop en die Nagmaal, wat as geloofsgehoorsame dade ons aan Sy wederkoms herinner en tot dankbaarheid stem. 
  7. Die Doop as die onderdompeling van die gelowiges in water as belydenis van sy vereenselwiging met Christus in Sy begrafnis en opstanding, en in die Nagmaal as deelname aan brood en wyn " die simbole van die Heiland se gebroke liggaam en Sy bloed " tot Hy weer kom.
  8. Die persoonlike en liggaamlike wederkoms van Jesus Christus.
  9. Die belangrikheid van geestelike eenheid van alle gelowiges. 
  10. Gehoorsaamheid aan die bevel van die Here Jesus Christus (Matt. 28:19-20). 


 Lees die voledige konstitusie hier



"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid,

en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."

Mattheus 6:33


Adres:

18 7de laan, Newton Park

Port Elizabeth, 6052


Kontak ons by:

Tel: (041) 364-2608

Epos:  baptis@outlook.com


Dienstye:

Sondagoggend 09:30 - 10:30

Sondagskool 08:45 - 09:30

Sondagaand 18:30 - 19:30

Biduur (Sondae) 17:45 - 18:30

Bybelstudie (Woensdae)  19:00 - 20:30

Mannegroep (Saterdae)   07:30 - 08:30

Afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...