041 364 2608

 

 
 
 

sondagskool

Agtergrond:

Ons het 'n hart vir kinders en ons begeerte is om vir hulle deur die Woord te onderrig sodat hulle 'n verhouding met die Here Jesus kan he wat hulle in staat sal stel om in die wee van God te wandel. In Matteus 19:14 sê Jesus "Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle."


Dit is ons begeerte dat die kinders die lig van die wêreld sal wees en vir Hom.en dat hulle vir Hom helder sal skyn in alles wat hulle doen.
 
Visie:
Om vir kinders in die waarheid te onderrig om 'n regte lewenswyse te kweek.

Missie:

1. Om deur die leiding van die Heilige Gees hulle te onderrig in die Woord
2. Om hulle laste te dra deur gebed
3. Om hulle te ondersteun en te bemoedig om God se wil te soek
4. Om  gehoorsaam te wees aan God en Sy roeping op hulle lewens
5. Om na ander uittereik en aan te raak deur die leiding van die Heilige Gees.
 
Missie Verklaring:
Om Jesus Christus in en deur ons gawes met oorgawe te dien en sodoende ons roeping as kinders ons plek sal inneem in die wêreld tot eer aan God.
 
Teks Verse:
2 Timotues 3:16-17
Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

 

1 Korinthiers 10:31
Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.


Matteus 6:19-34
Mat 6:19 "Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel...21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees... 31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.34 Kwel julle dus nie oor mêre nie, want mê´re sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad."

Adres:

18 7de laan, Newton Park

Port Elizabeth, 6052


Kontak ons by:

Tel: (041) 364-2608

Epos:  baptis@outlook.com


Dienstye:

Sondagoggend 09:30 - 10:30

Sondagskool 08:45 - 09:30

Sondagaand 18:30 - 19:30

Biduur (Sondae) 17:45 - 18:30

Bybelstudie (Woensdae)  19:00 - 20:30

Mannegroep (Saterdae)   07:30 - 08:30

Afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...