041 364 2608

 

 
 
 

musiek

PRYS DIE HERE

images65e04rwn

Agtergrond:

Die groep het op baie eenvoudige wyse begin in 1974 en oorspronglik was daar net een kitaar en een klavier speler. Deur die jare het die aantal lede en instrumente in die groep baie gewissel totdat daar omtrent 15 jaar gelede 'n meer konstante en formele struktuur binne die groep onstaan het.

 

Ons beywer ons in gehoorsaamheid aan ons roeping om as deel van die liggaam (Gemeente) van Christus ons spesifieke taak te verrig deur getrou te wees met die bediening van lof, aanbidding en sang in die gemeente.


Visie:
Ons visie en droom vir die volgende 5 jaar is om ernstig te konsentreer op die ontwikkeling en leiding van ons jongmense wat belangstel om deel te word van die lof en aanbidding groep.
 

Missie:

  1. Om hul musikaal te onderrig en op te lei oor hoe om die gemeente te bedien en met musiek te begelei
  2. Om hul te leer dat alles wat ons doen onder leiding van die Heilige Gees geskied 
  3. Om hul te leer dat al ons liedere altyd skriftuurlik en bybels gefundeeer moet wees ("Hom verkondig ons")
  4. Dat ons immers die instrumente is om die gemeente in aanbiding te lei in die teenwoordigheid van die Here sodat elkeen se hart voorbereid sal wees vir die boodskap.


Missie Verklaring:

Om Jesus Christus in en deur ons gawes met oorgawe te dien en sodoende ons roeping as aktiewe lid van Sy liggaam te vervul.


Teks Verse:
Kolossense 3:16
Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in jully bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. (1983 Vertaling)


Psalm 98:4-6
Juig tot eer van die Here, almal op aarde, Wees vrolik, juig en sing! Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. (1983 Vertaling)

 

Huidiglik bestaan die groep uit die volgende lede:-

  1. Cavell Hicken - Leier (Sanger & Kitaar speler)
  2. Camarin van Eyk - Mede Leier (Klawerbord speler & Sanger)
  3. Sonet Jordaan - Sanger
  4. Kelly Jordaan - Sanger
  5. Melissa Van Der Watt - Sanger & Kitaar speler
  6. Eugene Van Der Watt - Kitaar speler
  7. Brandon Kockjeu - Bas speler
  8. Linda Van Rooyen - Fluit, klawerbord speler & sanger
  9. Jason Kockjeu -Trom speler.

Adres:

18 7de laan, Newton Park

Port Elizabeth, 6052


Kontak ons by:

Tel: (041) 364-2608

Epos:  baptis@outlook.com


Dienstye:

Sondagoggend 09:30 - 10:30

Sondagskool 08:45 - 09:30

Sondagaand 18:30 - 19:30

Biduur (Sondae) 17:45 - 18:30

Bybelstudie (Woensdae)  19:00 - 20:30

Mannegroep (Saterdae)   07:30 - 08:30

Afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...