041 364 2608
Month:
Author:
Category:
  Search

God se gawe vir die mens se behoefte.

BY Ds. Tian de Beer

The following incident is taken from an experience of Charles H. Spurgeon with an atheist:

 

There was an atheist in the vicinity of Mr. Spurgeon's home and he was very ugly to anyone who believed the Bible.

Mr. Spurgeon asked the Lord to direct him in what he should read for morning devotions. Then he seemed strongly impressed to read the book of Joel in its entirety. When he came to Joel 3, he read the third verse: "And sold the girl for wine." Whereupon, Mr. Spurgeon checked his concordance to see how many times the word "girl" occurred in the Bible. To his great surprise, he found the word only occurred once.

A little later he thought he would take a walk. About a block and a half away he looked up and there was the atheist's house. He went up and knocked.

The atheist growled, "Well, what do you want?"

"I would like to read the Bible to you," Spurgeon replied.

"The atheist began his usual abuse, then suddenly stopped and said, "Will you tell me how often the word 'girl' is in the Bible?"

Mr. Spurgeon answered, "Once."

The atheist then said, "Tell me where it is found and I will let you in."

Spurgeon replied, "Joe_3:3."

The atheist then said, "Tell me before I let you in, how did you know it?"

Mr. Spurgeon answered, "I haven't known it two hours. In my morning devotions I read the book of Joel."

Then Mr. Spurgeon stepped in, and in half an hour the atheist was on his knees asking God to forgive his sins

 


 

 

God se gawe vir die mens se behoefte.

 

Inleiding:

 

Die mense het 2 groot geestelike behoeftes:

1. Vergifnis

2. Om 'n goeie lewe te leef.

God het ons eerste hulpkreet gehoor - stuur Sy enigste Seun na hierdie wêreld as gawe van verlossing en redding.

Hierdie is 'n permanente, blywende erfenis vir elkeen wat opreg sy tekoertkominge en sonde erken, en Jesus as die weg aanvaar.

God het ook ons tweede hulpkreet gehoor - stuur die Heilige Gees op Pinkster.

By die groot gawe van vergifnis voeg God dus die gawe van die Heilige Gees.

Hy is die kragbron wat voorsien in ons behoeftes om te ontsnap aan die aaklikge swakheid wat ons vasgryp.

As ons in hierdie moderne wêreld 'n geestesgesonde en oorwinnende lewe wil leef het ons die tweeledige gawe van God nodig

1. Die werk van die Seun van God vir ons.

2. Die werk van die Heilige Gees in ons

 

Vriend van Billy Graham het eendag gesê: "Ek het Jesus Christus nodig vir my ewige lewe en die Heilige Gees vir my innerlike lewe"

As jy in Jesus Christus glo, is daar 'n krag beskikbaar wat jou lewe kan verander, selfs op daardie intieme terreine soos jou huwelik, familie en en alle ander verhoudinge.

 

Ongelukkig is hierdie krag geignoreer, verkeerd verstaan en misbruik in die verlede.

Baie boeke word geskryf  oor hierdie krag en in baie gebede word daar gevra vir hierdie krag.

Baie sal graag hierdie krag wil besit, maar is nie seker wat dit is nie.

 

Die wêreld sien die Christen as 'n "stywenek", "langgesigmens", sonder humorsin, iemand wat niks vir homself kan doen nie en God gebruik as 'n kruk om op te leun, iemand wat nie al sy varkies op hok het nie.

Om hierdie stereotipes die hok te slaan, moet ons die gawe van God reg verstaan, toepas en gebruik.

Niemand kan dit koop, opeis oif gebruik sonder om eers die oorsprong daarvan te ken nie.

 

Die Heilige Gees - deur Jesus belowe.

Terwyl Jesus Sy dissipels voorberei het, het Sy hart gebloei vir hulle, hulle was verward en hartseer.

Joh 16:5-7. 'n Wonderlike belofte, direk uit die mond van Jesus Christus.

Jesus het nie gesê Hy stuur die helper "Voorspraak" net aan sommige gelowiges nie.

Sy woorde was: "Maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur"

As Christus 'n belofte maak, verbreek of vergeet Hy dit nooit nie.

 

Christus word afgemaak as 'n goeie leermeester ens ens, maar wanneer dit kom by beloftes en ons Sy woorde vergelyk met ander filosofiese leiers is dit onthullend skokkend:

 

Afskeidswoorde van Boedha: "Julle moet jul eie lig wees"

Net voor Sokrates se dood maak een van sy volgelinge hierdie hartseer opmerking: "jy gaan ons as wese agterlaat"

Die leiers van die wêreld se verskillende gelowe en filosofieë kon hul volgelinge geen versekering gee van hul permanente nabyheid na hul dood nie.

Jesus se volgelinge het wel hierdie versekering ontvang (Joh. 14:18)

 

Die belofte vervul.

Jesus het gesê Hy gaan Sy dissipels 'n ruk lank verlaat, en Hy het ook.

Gedurende die aaklige ure van Sy kruisiging, dood en begrafnis het diegene wat Hom liefgehad het in smartlike twyfel verval.

Maar ons ken die geskiedenis.

God het Hom uit die dood laat opstaan en met herlikheid beklee.

Die Bybel sê aan die Christen: 1 Pet. 1:17-21.

God het gesê dat "gewag" moes word op die koms van die Gees.

Jesus is uit die dood opgewek en het aan Sy dissipels verskyn.

Om hulle te oortuig van Sy fisieke teenwoordigheid as 'n werklikheid, moes hulle op Sy aandrang aan Hom raak.

Hy het selfs gevra om iets te ete.

'n Gees is tog nie vleeslik nie, is dit?

'n Spook kan tog nie eet nie, of hoe?

Dit was dus Christus Jesus hier by hulle en nie die Gees wat Hy belowe het nie.

Vyftig dae later is die belofte tydens Pinkster vervul. (Hand 2:1-4)

Die Een op wie hulle moes wag, het gekom.

Voor daardie Pinksterdag was die klem op die woord "vra" (Luk 11:13)

Na die Pinkster was die klem op die woord "ontvang" (Hand 2:38)

 

Slot:

 

Dit is dan nou die heerlike, goeie nuus: ons wag nie meer op die Heilige Gees nie - Hy wag op ons.

Ons lewe nie meer in die tyd van belofte nie, maar in die tyd van vervulling.

Wie is hierdie Persoon deur Jesus Christus belowe as Plaasvervanger op aarde?

Wie is hierdie Persoon wat Hy gebruik om die menslike natuur so radikaal te verander?

Wie is hierdie Persoon wat u kan besiel met bonatuurlike krag om enige krisis die hoof te bied?

En hoe kan u en ek Sy krag in ons lewe elke dag ken en herken?

Dis wat ons gaan leer in hierdie komende studie.

 

Boodskap #2 - Wie is die Heilige Gees?.... volg

 

Listen to the audio

Download the sermon here

 March 09, 2015
Comments (0)
Algemeen
Ds. Tian de Beer

Leave a comment

Keep me updated?

Comments are moderated.
Be the first person to comment.

Adres:

18 7de laan, Newton Park

Port Elizabeth, 6052


Kontak ons by:

Tel: (041) 364-2608

Epos:  baptis@outlook.com


Dienstye:

Sondagoggend 09:30 - 10:30

Sondagskool 08:45 - 09:30

Sondagaand 18:30 - 19:30

Biduur (Sondae) 17:45 - 18:30

Bybelstudie (Woensdae)  19:00 - 20:30

Mannegroep (Saterdae)   07:30 - 08:30

Afrikaanse-baptiste-kerk-port-elizabeth

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...